Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl stoom voort

Paarl stoom voort
 
2006-07-13


DIE eerste span van die Paarl Rugbyklub het die tweede helfte van die seisoen op ’n hoë noot begin, toe hy sy onoorwonne status behou het deur Franschhoek 22-16 op Faure Straat te verslaan.

Die wedstryd wat deurgaans teen ’n hoë tempo gespeel is, het aanvanklik wipplank gery met Paarl wat eerste bloed geruik het toe die heelagter, Marco Martin, gaan druk het.

Franschhoek het egter dadelik teruggeslaan en met ’n strafskop en ’n drie vir ’n kort ruk die voortou geneem.

Hannes Douglas en Brian Kramer het kort daarna gaan druk om die tuisspan ’n rustyd voorsprong van 15-8 te gee.

In die tweede helfte is die besoekers se verwoede aanvalle met ’n drie beloon.

Die Paarl-manne het egter geleidelik weer beheer oor die wedstryd gekry en nadat losskakel Jacques Hendricks nog ’n drie deur Marco Martin verdoel het, was die skrif aan die muur.

Die besoekers, wat nog ’n strafskop tot hul totaal gevoeg het, het moedig probeer maar uiteindelik was dit Paarl se fikser en swaarder pak voorspelers wat die verskil gemaak het.

Paarl se groot uitblinker was Morné Kershoff wat ’n welverdiende speler van die wedstryd was, terwyl sy mede-losvoorspelers, Hannes Douglas en Jaco du Plessis, ook ’n barshou gespeel het.

Agterlangs was Martin weer op sy gevaarlikste en is goed bygestaan deur Kramer en Zach Jackson.

Paarl II en III het ook onderskeidelik 15-5 en 12-7 gewen.

Die Paarl Rugbyklub se eerste span lê tans eerste op die punteleer van die WP se Eerste Liga, met 41 punte. Dit is drie punte voor hul naaste teenstander Kraaifontein Rugbyklub.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za