Gardens veg terug
2006-07-13
HOEWEL Young Gardens Rugbyklub Saterdag maar traag begin het in hul wegwedstryd teen Korrektiewe Dienste, kon hulle steeds ’n sege van 27-3 (10-3) behaal.
Die drie weke sonder wedstryde het aanvanklik gelyk of dit sy tol van die Rooi Rose geëis het.
Gardens se hantering was swak en baie balle het by die breekpunte verlore gegaan. Die tuisspan het met sy swaarder agttal vir Gardens voorlangs laat swaar leef.
In die tweede helfte het die besoekers ’n paar taktiese veranderinge aangebring, terwyl die taktiek om die bal wyd te speel, ook meer sukses vir hulle gebring het.
Spelers wat uitgeblink het, was Randall George (losskakel), Morgan du Plessis (senter) en Morty van Uren (slot) het uitgeblink.
George, Uren en Anwar Hastings (vleuel) het Gardens se drie drieë gedruk, terwyl George drie doelskoppe en twee strafdoele behaal het.
More
News
|