Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Riverstones laat Strand Pioneers gly

Riverstones laat Strand Pioneers gly
 
2006-07-13


DIE manne van Riverstones Rugbyklub is weer sterk op dreef nadat hulle Saterdag ’n weg-sege van 26-21 oor Strand Pioneers behaal het.

Die voorspelers het weereens oorheers en met goeie dryfspel in die vaste-los en ondersteuning by die afbreekpunte die nodige ruimte vir die agterspelers geskep om drie drieë in die eerste helfte te druk.

Ná rustyd het die besoekers egter laat slap lê en die tuisspan toegelaat om drie drieë te druk en so terug te kom in die wedstryd.

Die kenmerkende regruk-poging en dissipline laat in die wedstryd, gelei deur die heelagter, Christopher Afrika, het die beslissende drie tot gevolg gehad en Riverstones dan ook van ’n bonuspunt verseker.

Riverstones het weer beïndruk met sy samespel tussen die voor- en agterspelers, die direkte aanvalslyne van die agterspelers asook die dryfmaalbewegings van die voorspelers.

Bradley Sias (2), Basil van Schalkwyk en Afrika het Riverstones se drieë gedruk. Gershwin Paulse was suksesvol met drie doelskoppe.
Die tweede en derde spanne het 24-8 en 11-0 gewen.

Riverstones speel Saterdag op Daljosafat Stadion teen Eersterivier.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za