Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Van Dyk proe weer goud op rekordwyse

Van Dyk proe weer goud op rekordwyse
 
2005-04-21


DIE rolstoelatleet, Ernst van Dyk, van die Paarl het Maandag ’n soveelste rekord agter sy naam geskryf toe hy die rolstoelafdeling van die Boston Marathon vir ’n vyfde agtereenvolgende keer gewen het.

Van Dyk wat ook tydens verlede jaar se Paralimpiese Spele ’n silwermedalje in die 1500m verower het, het die wedren in ’n tyd van 1:24:11 gewen, meer as ses minute voor die oud-Suid-Afrikaner en naaswenner, Krige Schabort.

Van Dyk het verlede jaar ’n rekordtyd van 1:18:27 in die Boston Marathon opgestel.

Die Switser, Franz Nietlispach, het al ook die wedloop vyf keer gewen maar nie agtereenvolgend nie.

Die 32-jarige Van Dyk het ook vroeër vandeesweek die Paryse Marathon in ’n tyd van 1:32:15 gewen, en slegs ’n enkele sekonde voor die Meksikaan Saul Mendoza klaargemaak.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za