Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Benjamin help Kavaliers op senter

Benjamin help Kavaliers op senter
 
2006-07-13


DIE haastige vleuel van die Fidentia Boland Kavaliers, Rayno Benjamin, sal Saterdag teen die Grens Bulldogs op senter uitdraf.

Die Boland se eerte keuse senter, Kobus Meintjies, het tydens verlede naweek se wedstryd teen die Luiperds, ’n snywond aan sy ooglid opgedoen.

Hy het ná slegs 20 minute die veld verlaat en is deur Antonius Verhoeven vervang.

Verhoeven het egter ook nie die wedstryd klaar gemaak nie en moes, met ’n kwartier speeltyd oor, die veld verlaat weens ’n ernstige liesbesering.

Ook hy is nie fiks verklaar vir Saterdag se wedstryd teen die Bulldogs nie.

Met die ander Boland-senter, Claude Arendse, wat nog op ’n rugbykursus is in Nieu-Seeland, sit die Kavaliers met ’n krisis in die middeveld.

Benjamin se insluiting as Piet van Zyl se sentermaat kan egter ’n opwindende dimensie aan die Kavaliers se agterlynspel gee.

“Rayno het vandeesweek tydens die oefeninge skerp gelyk en ons hoop hy sal dit na die wedstryd kan oordra,” het die Boland se spanbestuurder, Denver Pienaar Dinsdag gesê.

Benjamin se posisie op regtervleuel sal deur nog ’n blits-breker, Alvin Hugo, gevul word.

Hugo het die afgelope tyd met ’n kniebesering gesukkel, maar weer goed gelyk in die klubwedstryde wat hy onlangs gespeel het.
Die ander veranderinge in die span wat Saterdag 22-22 gelykop gespeel het teen die Luiperds op Olén Park, is Callie Wannenburg, Marco Wentzel en Andries Human wat Agelo Brinkhuys (flank), Willie Bower (slot) en Ruaan du Preez (vaskopstut) vervang.
Die drie se insluiting is grootliks te danke aan die impak wat hulle op die spel gehad het, toe hulle in die tweede helfte op die veld gekom het.
Die Luiperds het Kavaliers van die staanspoor in die lynstane en skrums oordonder en van alle balbesit ontneem.

Dit het die tuisspan teen halftyd 19-3 laat voorloop.

Sake het beter verloop vir die Boland toe die versterkings opgekom het. Die voorspelers kon meer besit verseker en so die agterlyn in die spel inbring.

Conrad Burke, Neil Papier,en Justin Peach het die Boland se drie drieë gedruk. Peach was suksesvol met ’n doelskop terwyl Jacques Schutte met ’n strafdoel en doelskop geslaag het.

Human is terug in die Boland nadat hy vir die afgelope drie seisoene vir die Blou Bulle en die Bulls gespeel het.

In hul laaste kragmeting het die Bulldogs vir Boland in die laaste minute geklop, nadat hulle met mooi hardlooprugby gaan druk het.
Die wedstryd skop Saterdag om 15:30 op Boland Stadion af.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za