Kunsvlytmark
2006-07-20
VERVAARDIG jy handgemaakte produkte? Teen slegs R50 kan jy jou produkte uitstal en verkoop op Erfenisdag (25 September) tydens ‘n kunsvlytmark in die Huguenot gemeenskapsaal.
Bring jou handgemaakte poppe, kralewerk, tradisionele kos, speelgoed, breiwerk, babaklere of enige tradisionele produkte en bied ‘n stalletjie daar aan.
Liefdadigheidsorganisasies kan aansoek doen om afslag.
Aansoekvorms is beskikbaar by die Paarlse stadsaal. Navrae kan gerig word aan Zaileen Abrahams by 807-4549.
More
News
|