Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Banke vol Boishaaiers

Banke vol Boishaaiers
 
2006-07-20


“POLITIEKE Kaarte op die Tafel”, die tweede boek oor die parlementêre en ander herinneringe van die kleurryke politikus en oud-Boishaaier Japie Basson, het onlangs verskyn.

Daarin word verwys na die sterk teenwoordigheid van Boishaaiers in politiek.

Japie Basson was een van die kleurrykste politici van die politieke bedeling voor 1994, en was in die ideale posisie om die belangrikste persoonlikhede en aangeleenthede van daardie tyd waar te neem en te beoordeel.

Die eerste deel van sy herinneringe, Raam en Rigting in die Politiek, is goed ontvang. Basson skryf episodies oor belangrike persone en gebeure in ons geskiedenis.

Basson, wat aan die Hoër Jongenskool in die Paarl matrikuleer het, was verslaggewer voordat hy organiseerder van die Verenigde Party geword het.

Ná die oorwinning van die Nasionale Party was 1948 het Basson by dié party aangesluit, en is hy tot LV vir Namib verkies. Hy gee ‘n terugblik op die vroeëre politiek en die einde van apartheid.

Een van die hoofstukke, “Bankevol Boishaaiers” vertel van die invloed van oudstudente van HJS in die Parlement - in ‘n stadium was daar twaalf oud-leerlinge tegelykertyd as LV’s en senatore in die Parlement.

Die boek word op 4 Augustus om 19:00 bekend gestel by Protea Boekwinkel op Stellenbosch.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za