Kansa soek jou
2006-07-20
KANSA het jou nodig! Indien jy ’n verpleegkundige is en twee ure het om as vrywilliger op te offer, wil hulle van jou weet. Kansa se borsondersoekklinieke vind tradisioneel gedurende Oktober plaas, maar as gevolg van ’n 300% groei in die vraag na hierdie klinieke oor die laaste twee jaar, het hulle besluit om die klinieke reeds vanaf Augustus hierdie jaar aan te bied.
Die klinieke duur ongeveer twee ure waar daar fisiese borsondersoeke deur verpleegkundiges gedoen word terwyl Kansa vrywilligers voorligting omtrent die waarskuwingstekens van kanker doen.
Jy kan self bepaal by hoeveel klinieke jy betrokke wil raak. Met elke ekstra kliniek leer ons meer vrouens omtrent borsgesondheid en red so lewens. Opleiding word verskaf.
Vir meer inligting of om deel te word van hierdie opwindende projek, skakel Mareé Lambrechts by 876-3589 (laat u naam en telefoonnommer op die antwoordmasjien).
More
News
|