Mallies le Roux sing in Dorpstraat
2006-07-20
DIE bekende Paarliet Mallies le Roux en sy orkes lewer ‘n vertoning Saterdag om 20:00 by Aan de Braak Teaterkafee op Stellenbosch.
Mallies, wat reeds drie CD’s op sy kerfstok het en bekendheid verwerf het met trefferliedjies soos Boereyuppie, Wie se hande, Auckland Blues en nog vele meer, is ‘n ou bekende in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en het ook al by die KKNK opgetree.
Mallies was ook ‘n gereelde gas op programme soos Pasella, Geraas en Maak ‘n Las toe hy as gevolg van werksdruk in 2001 ‘n keuse tussen sy musiekloopbaan en sy besigheid as Menslike Hulpbronpraktisyn moes maak.
Die “groupies” het hom egter omgepraat om sy nuwe liedjies en stories van die afgelope vyf jaar vir hulle te kom vertel en speel en hy het toegegee vir slegs een konsert.
Moenie dit misloop nie, want die volgende een is eers weer oor vyf jaar.
Navrae kan gerig word aan Christine by 082-335-3105.
More
News
|