Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sussies kan boeties bring

Sussies kan boeties bring
 
2006-07-20


VROUE wat die behoefte het aan “bevryding en sappigheid” word later vandeesmaand genooi na ’n aand met die skreeusnaakse Marion Holm in Die Boer restaurant-teater in Durbanville.

Die Paarl se eie “bevryde vrou”, Elsabé Aldrich, sal ook die aande, Maandag 31 Julie en Dinsdag 1 Augustus van 18:30, daar wees om haar gebruiklike stuiwer in die armbeurs te gooi.

Vanaf 20:00 is dit Marion en haar alter ego, Sussie, se blik op die Suid-Afrikaanse wêreld van braaivleis, rugby en “sunny skies”.

Daarna sal almal verstaan hoekom Sussie steeds by tye suur raak en uitrafel.

Hennie van Greunen is die regisseur en teksskrywer.

Marion is vir die twee aande in Margit (alias Dowwe Dolla) se Die Boer restaurant-teater in die Janaville-sentrum in Chenowethstraat, Durbanville.

Die opvoering duur tot ongeveer 21:30, waarna nagereg en koffie geniet kan word.

Dié keer gaan die uitnodiging nie net aan vroue wat nie bevryd voel nie, sê Elsabé, maar is die deure ook wywyd oop vir “anderhelftes, of wie jy ook al wil saambring”.

Die konsertkaartjies kos R80. Wat die aand daar bestel, geëet en gedrink word, is vir elkeen vir eie rekening.

Daar is plek vir 120 mense per aand. Bespreek by Elsa by Die Boer, 083-406-0111 of 979-1911.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za