Arno Jordaan sing op Wellington
2006-07-20
DIE sanger Arno Jordaan tree op 8 Augustus op in Die Wingerdsaal in die Wellingtonse industriële gebied.
Kaartjies is R50 (kinders R40) verkrygbaar by The Write Shoppe in Kerkstraat of by Michelle 083-964-0069.
Die opbrengs is ten bate van die Morgenzon gesinsorgsentrum, net noord van Wellington.
More
News
|