Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunstenaars sit hand by

Kunstenaars sit hand by
 
2006-07-20


DIE Paarl se jongste vermaakvenue, Waterpoel, gaan op Vrydag 1 September 地 kunsveiling hou ten bate van Ahos (Athlone House of Strength) se vaardigheidsopleidingsentrum.

Die maatskaplike werker van Ahos, Fiona Brophy, is baie opgewonde oor die samewerking tussen hoofsaaklik Paarlse kunstenaars en 地 liefdadigheidsorganisasie wat sommer baie kan beteken vir vroue en kinders wat slagoffers is van huishoudelike geweld.

Kunstenaars kry elkeen 地 hand of twee wat gekerf is van populierhout en waarmee hulle dan vrye teuels kry oor hoe hulle dit gaan versier of bywerk in 地 kunswerk.

Die enigste vereiste is dat dit 地 begeerlike of 僧oet h齟-artikel moet wees.

Die hande word opgeveil en 25% van die opbrengs is ten bate van Ahos se vaardigheidsentrum in Paarl-Oos.

Van die kunstenaars wat reeds kop krap oor hoe om hulle spesifieke medium toe te pas, is bronssmid Charles Haupt, glasblaser Liz Lacey, pottebakker Debbie de Beer, skilder Jeanne Hendriks en beeldhouer Alla le Roux.

Die jong man wat al die hande gekerf het, is Domingo Fyle, oorspronklik van Angola, maar al twaalf jaar lank 地 Paarliet.

Kunstenaars wat belang stel, kan Trudy Oosthuizen skakel, 082-896-9863.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za