Paarl Groot Brag
2006-07-20
DIE jaarlikse Groot Brag-dinee vir mans, op die vooraand van Interskole, vind vanjaar plaas op Vrydagaand 4 Augustus om 19:00 in die Paarl Stadsaal.
Kaartjies is beskikbaar by die Oudstudente-unie kantoor, tel 872-2835.
Alle Boishaai-ondersteuners, insluitend oudstudente en ouers is welkom. Daar is geen gasspreker nie. Kom kuier net lekker saam.
* Woensdagaand 2 Augustus om 19:00 vind twee rugbywedstryde (Golden Oldies gevolg deur Old Boys) plaas op die veld by Brugstraat.
Die biertent open om 18:00 en die orkes Shamrock sal vanaf 20:00 tot middernag optree.
Die eregas en spreker is Corné Krige. Toegangsgeld in die vorm van donasies word gevra.
Donderdag 4 Augustus van 07:30 vind die Coldfact Interskole-gholfdag te Boschenmeer plaas.
Die toernooi se formaat is ‘n 4BBB Stableford met bekende Paarliet Tiny Neethling wat die prysuitdeling sal behartig. Rig navrae aan 872-2835.
More
News
|