Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vasgetrek na kabeldiefstal

Vasgetrek na kabeldiefstal
 
2006-07-20


’n WAKKER sekuriteitsman in Noorder-Paarl het ’n jeugdige vroeër vandeesmaand vasgetrek toe hy met ’n sak vol kabeldraad probeer wegkom het.

Randall Koordom (22) van Noorder-Paarl Buurtwag Sekuriteit het die oggend opgemerk hoe ’n jeugdige van ’n plaas in Noorder-Paarl met ’n swart rugsak in Skoolstraat stap.

“Ek het gevra hoekom hy so swaar dra aan die rugsak. Hy was baie seunuweeagtig en het gesê dat dit kabeldraad is wat hy by sy pa op die plaas Wesland gekry het om na ’n tannie van hom te neem in Smartietown,” het Koordom gesê.

“Die draad was nat en vol sand.”

Koordom het sy werkgewer, Robert Larke, geskakel en saam het hulle die verdagte na sy pa geneem om vas te stel of hy die waarheid praat.

“Toe ons by die plaas Malanot (nou La Ferme Derik) verbygery het, het die jeugdige ons meegedeel dat dit by dié plaas is waar hy, sy broer en ’n vriend die vorige dag kabels van waterpompe afgesny het.

“Hulle het dit by Chicks Afvalmetaal in Daljosafat ingehandig en R130 in ruil daarvoor gekry.”

Die seun het verskeie plekke op die plaas uitgewys waar draad met ’n mes en ’n skêr afgesny is. Die vervangingskoste van die draad beloop meer as R4 000.

Die 17-jarige is van diefstal aangekla en deur die hof in die sorg van sy ouers vrygelaat.

Volgens Buurtwag-sekuriteit is dié seun en sy jonger broer weer op straat in Noorder-Paarl.

* A 17-year-old has been arrested by a neighbourhood watch security guard for stealing electric cables on a farm north of Paarl.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za