Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Donker na draaddiefstal

Donker na draaddiefstal
 
2006-07-20


KOPERDRAAD-DIEFSTAL het die afgelope paar weke weereens sy lelike kop in die Drakenstein-gebied uitgesteek, met koperdrade wat naby die Wemmershoekpad, by Greenfields en by die Vlakkelandpad in Mbekweni gesteel is.

Volgens Eskom is daar verlede jaar meer as R33 miljoen se koperdraad landwyd gesteel.

Ten tyde van dié diefstalle word kragpale afgesny, of ondergrondse lyne oopgespit, en die koperdraad word uitgeryg en aan skroothandelaars verkoop.

Bykans al die kabels (oorhoofs en ondergronds) is reeds gesteel in die omgewing van die onvoltooide Projek 2 in Mbekweni.
Leatherstraat in Greenfields (Paarl-Oos) was Maandagnag sonder krag toe diewe verskeie kragpale afgesaag het en met drie meter draad weggekom het.

’n Munisipale werker wat verlede week die skade help herstel het by Mbekweni, het gesę dat derduisende rande se skade aangerig word wanneer dié tipe diefstal plaasvind.

“Dikwels herstel ons die kragdrade, net om ’n paar dae later te vind dat die drade weer gesteel is.”

Die prys van koper het die afgelope ruk geweldig gestyg, en daar word vermoed dat dit grotendeels die rede is vir die onlangse diefstalvoorvalle.

’n Munisipale woordvoerder het met bekommernis gesę dat hierdie diewe die dienslewering aan die gemeenskap geweldig belemmer.

“Ons het reeds prosesse in plek om hierde probleem so ver moontlik hok te slaan. Daar word gekyk na die moontlikheid om alarms op die kragdrade te installeer. Ons werk saam met die polisie om die skuldiges vas te trek.”

Hoewel telefoonkabels met optiese vesel vervang kan word, is daar nog geen ander opsie as die gebruik van koperkabels vir kragtoevoer nie.

Volgens ’n polisiewoordvoerder is die diefstal van kragkabels uiters gevaarlik en stel dit die publiek in gevaar.

“Ons vrees dat mense hulle lewens kan verloor as hulle per ongeluk aan die kragdrade raak wat afgesny is. Veral kinders sal onbewus wees van die gevare wat daarin lę.

“Skroothandelaars word gereeld deursoek vir koperdraad wat afkomstig is van kragdrade.”

* Electric cables are being targeted by copper thieves.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za