Oupa speel eerste span
2006-07-20
EK het een Woensdag op my afmiddag ‘n bietjie skolerugby op Daljosafat-stadion gaan kyk. Tot my verbasing het ek gesien dat ‘n leerder (dalk was daar meer as een) vir die derde jaar in sy skool se eerste span uitdraf!
Ek het dus 'n eenvoudige vraag wat ek aan skole-afrigters wil stel: 1. Op watter meriete word die eerste span gekies? 2. Word ouderdom in ag geneem?
Ek glo baie talent word gesmoor deurdat jonger spelers nie kanse gegun word nie en die “Oupas” maar elke jaar weer plek kry. Viva Interskole!
C Fortuin
More
News
|