Beampte stel teleur
2006-07-20
MY besoek aan die Departement Arbeid in Bredastraat, Paarl, op Dinsdag 18 Julie was ’n skokkende ondervinding.
Daar was net een personeellid wat die hele ontvangs-afdeling beman het.
Ek het 45 minute gewag, net om ’n vorm aan te vra wat veronderstel is om een minuut te vat, omdat die enkele werknemer nie al die lede van die publiek tegelyk kon help nie.
Dieselfde het my vantevore oorgekom, dus wonder ek of dit tipies is van die behandeling wat die publiek hier kan verwag?
Marieta Slabber
Aziza Leitch, kantoorhoof, reageer: Ongelukkig was ons op 18 Julie erg onderbeman, omdat die meeste van die personeel uitgegaan het om uitbetalings te doen op omringende dorpe.
Verder was een persoon siek en ander weg op ‘n kursus. Intussen het ek persoonlik ook die skakelbord beman en kon dus nie voor help nie.
Ek vra om verskoning vir die ongelukkige sameloop van omstandighede wat vir verskeie kliënte ongerief veroorsaak het.
More
News
|