Laaste kans vir Expo
2006-07-20
DIE tyd raak nou min vir leerders om te skaaf aan hul inskrywings vir die streekkompetisie van die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes op Stellenbosch. Inskrywings sluit op Donderdag 27 Julie.
Inskrywingsvorms moet die Instituut vir Wiskunde en Wetenskaponderwys aan die Universiteit van Stellenbosch (IWWOUS) se Fakulteit Opvoedkunde teen dié datum bereik.
Vanjaar se streekkompetisie vind op 17 en 18 Augustus op Stellenbosch in die DF Malan Sentrum plaas.
Vir die streekkompetisie van die Expo kan leerders inskryf in afdelings wat wissel van fisiese of chemiese wetenskappe, tegnologie, innovering en elektronika, dier- of plantwetenskappe, klimaatsveranderingstudies, mediese en gesondheidswetenskappe, landbou, tot voeding, wiskunde, rekenaarwetenskappe en sosiale wetenskappe.
Vir inligting, kontak Erika Hoffman by 808-3482 of ehoff@sun.ac. za. Besoek ook www.imstus.sun.ac. za/expo.html.
More
News
|