Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Meisies is kookwater

Meisies is kookwater
 
2006-07-20


AL het ‘n seun van Pretoria soos ‘n ware Jamie Oliver met die wenprys weggestap in die Rooi Rose Tienerkokkompetisie verlede week, het vyf aspirant-kokke uit die Paarl en Wellington, behoorlik die beoordelaars beïndruk.

Vyf van die agt finaliste in die kompetisie, wat al vir meer as 20 jaar aangebied word, se talente in die kombuis is die afgelope paar jaar in huishoudkundeklasse van onderskeidelik Linda Bruyns en Mada Klein geslyp, by Hugenote Hoërskool op Wellington en Hoër Meisieskool.

Die deelnemers was Danélle Carstens, Ierret Groenewald en Johanna Joubert van Wellington, en Paarliete Robyn Capendale en Hanri Rust. Hulle het almal in die vyfgang-afdeling met vingerkos as tema ingeskryf.

Die keuring van die kompetisie is anoniem gedoen op grond van die oorspronklike resepte en temas wat deelnemers ingeskryf het, waarna die beoordelaars vir die eerste keer gekyk het van watter skole die finaliste afkomstig is.

Die kompetisie is in die skoolvakansie oor drie dae heen by die Santé Winelands Wellness Spa buite die Paarl aangebied, en is uiteindelik gewen deur Douwe Steyn van Willowridge Hoër in Pretoria met sy “The Flats” tema waarin hy sy hoofgereg in ‘n leë sardientjieblik opgedien het. Net een wenner word aangekondig.

Sy skoolmaat Afikar Ramnath het in die eenskottel-afdeling met die louere weggeloop.

Die organiseerder, Rene Barnard, sê dit was “ongelooflik” met watter inisiatief die finaliste vingerkos voorberei het, selfs “moeilike produkte” soos ertjies en bone.

Die bestuur van Santé‚ was so beïndruk met die standaard dat hulle as addisionele prys vir die 12 finaliste elk ‘n drie-jaar indiensopleidingskontrak aangebied het.

Al het hulle nie die groot prys van ‘n R40 000 studiebeurs gewen nie, het elkeen van die Vallei se finaliste heerlike pryse vir hul skole en hulself ingepalm.

Die jong kokke het elk ‘n R2000 Kenwood patissier-menger ontvang, asook geskenkpakke van borge, terwyl hul skole elk ‘n mikrogolfoond en ‘n menger gekry het.

Die vyftal sal eersdaags saam met die ander finaliste in die Rooi Rose tydskrif pryk.

* Five local schoolgirls made it to the national finals of a teen cooking competition.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za