Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Le Kay skitter in Mauritius

Le Kay skitter in Mauritius
 
2006-07-20


DIE Paarl-atleet, Dayne Le Kay, het behoorlik die oog gevang tydens die Suidelike State Junior Kampioenskap wat Saterdag in Mauritius gehou is.

Dié kampioenskap is deel van die SA Junior Atletiekspan se voorbereiding vir die IAAF Wêreld Junior Atletiekkampioenskap later vanjaar.

Die sewe Bolanders in die SA-span was Raymond Julius (spanafrigter), Le Kay, Louw Smit, Keenan Watson (aldrie ook van Paarl), Robert Oosthuizen (Malmesbury), Wenda Theron (Worcester) en Wilhelm van der Vyver van Stellenbosch.

Tussen die ses Bolanders het hulle agt medaljes (vyf goud en drie silwer) ingepalm. Le Kay was een van die uitblinkers met twee goue medaljes - in die 100m en 4x100m-aflos vir seuns 19 jaar.

Ander medaljes is ingepalm deur Wenda Theron (100m silwer, 200m goud), Robert Oosthuizen (goud spiesgooi), Keenan Watson (goud verspring), Louw Smit (110mH silwer), Wilhelm van der Vyver (4x100m goud).

Die Boland se junior atlete wat tans skitterend op dreef is, het die afgelope drie maande reeds meer as 20 medaljes op internasionale vlak verower in hul voorbereiding vir die Wêreld Junior Kampioenskap wat vanaf 15 tot 20 Augustus in China gehou word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za