Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl begin stadig maar wen tog

Paarl begin stadig maar wen tog
 
2006-07-20


DIE eerste span van Shepherd Paarl Rugbyklub het dit Saterdag vir homself baie moeilik gemaak op ’n nat en koue Avonwoodpark. Paarl het tog daarin geslaag om 22-17 te seëvier teen ’n begeesterde span van Noordelikes.

Dit was van die staanspoor af duidelik dat Noordelikes nie sommer gou gaan bes gee nie.

As bewys hier het die tuisspan rustyd 11-5 voorgeloop ná twee skepdoele en ’n drie.

Paarl se drie is deur Brian Kramer gedruk.

Die tweede helfte het vir die besoekers heelwat beter verloop.

Skrumskakel Jacques Hendricks het ’n driekuns drieë behaal en ’n doelskop oorgesit om te verseker dat Paarl weer met ’n bonuspunt-sege terugkom huis toe.

Paarl II en III het onderskeidelik met 24-14 en 17-0 gewen.
Die o.20 span het 10-8 teen Durbanville/Bellville vasgeval.

Paarl speel Saterdag op Faure Straat-Stadion teen Scottsdene en die bestuur, afrigters en spelers nooi alle belangstellendes om die spanne te ondersteun.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za