Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gemengde sukses vir klubs

Gemengde sukses vir klubs
 
2006-07-20


DIE manne van Albions Rugbyklub moes Saterdag maar swaar sluk aan die 67-15 loesing wat deur Strand United aan hulle toegedien is.

Albions was teen rustyd reeds 18-9 agter. ’n Rits hanteerfoute en lakse lakwerk het die Paarliete duur gekos.

Ridiwaan Sauls (vleuel) en Lincoln du Preez (senter) het Albions se drieë gedruk. Dominic Daniels het met ’n strafdoel en ’n doelskop geslaag.

Die flank, Yulin Claasen, is as die speler van die wedstryd aangewys.
Die tweede en derde spanne het 10-5 en 39-8 verloor.

Franschhoek Rugbyklub het Saterdag op sy tuisveld aldrie spanne van Young Peoples se sterte geknoop.

Die eerste span stryd was 'n harde, gelykopstryd, maar Franschhoek wen uiteindelik 13-12.

Nathaniel Jefthas het Franschhoek se drie gedruk, terwyl Morné Parson met ’n doelskop en twee strafdoele geslaag het.

Christopher Adams en Barry Williams het Peoples se drieë gedruk.
Franschhoek II en III het 20-11 en 15-9 gewen.

Young Peoples speel Saterdag weg teen Belhar. Die bus vertrek om 11:00 vanaf Groenheuwel.

Pniel Villagers Rugbyklub het Saterdag min moeite gehad om die besoekende Goodwood span 22-0 te klop.

Vir die wenspan was Claude Vos die groot yster en uitblinker terwyl Lee Blaine (heelagter) ook met ’n paar mooi bewegings vorendag gekom het.

Vos is as die speler van die wedstryd aangewys. Blaine, Earl Scheepers en Irvin Lackay het drieë gedruk, terwyl Stefanus Cedras met twee doelskoppe en ’n strafdoel geslaag het.

Dinge loop klopdisselboom vir Riverstones Rugbyklub nadat hulle Saterdag vir Eersterivier 26-19 geklop het.

Twee strafskoppe en ’n doelskop deur Gerswhin Paulse het die rustydtelling op 13-8 te staan gebring.

Riverstones se drieë is deur Hilton Green en Pat Solomons gedruk. Gerswhin Paulse het met drie strafdoele geslaag.

In ’n taai wedstryd het Young Standards Rugbyklub genoeg gedoen om Strand Pioneers 19-13 te klop.

Die Paarliete het eers gesukkel om aan die gang te kom en teen rustyd het Strand Pioneers 13-3 voorgeloop.

Standards se drieë is deur Bevon Francis en Lynton Lewis gedruk. Enrico Davey het met drie strafdoele geslaag.

Standards II en III wen onderskeidelik 43-9 en 22-0.
Standards speel Saterdag tuis teen Perseverance.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za