Wat doen wetstoepassers dan eintlik?
2005-04-21
GRAAG wil ek net aan die Verkeersdepartement vra wat die werk van die Wetstoepassingseenheid/beamptes is.
Is hulle gemaak om voertuie voor te keer en boetes uit te skryf of om mense uit hul skuilings en blyplekke te verwyder asook om die koerantverkopers van die hoeke van die strate te verjaag?
Op 17 Maart om 06:45 ry ek met die taxi om mense in die dorp af te gaan laai, en wat sien ek: die geagte wetstoepassingsbeamptes of khaki’s (soos hulle bekend staan) probeer om die koerantman wat al jare koerante oorkant Slabbers, op die hoek van Lady Greystraat koerante verkoop, te verjaag.
Wat ‘n oorlog was daar nie. Die man verdien maar net sy brood op ‘n eerlike manier.
Is dit hoe demokrasie in Suid-Afrika, die nuwe een na 1994 werk?
Hulle staan mos nie heel dag daar soos die smouse in die middedorp nie. Waarom keer hulle nie die onpadwaardige motors voor nie.
Tony
‘n Munisipale woordvoerder reageer: Dit is die werk van die Wetstoepassingseenheid om op te tree teen diegene wat onwettig handel dryf (sonder die skriftelike magtiging van die Raad). Dit is ook ‘n oortreding om die verkeersvloei te belemmer ingevolge die Padverkeersregulasies.
More
News
|