Sappiges se makietie
2006-07-27
DIEGENE met die behoefte aan “bevryding en sappigheid” word genooi na ’n lekkerlag geleentheid met die skreeusnaakse Marion Holm in Die Boer restaurant-teater in Durbanville.
Daar is nog ’n paar plekke oor vir die kuieraande Maandag en Dinsdag van 18:30.
Die Paarl se eie “bevryde vrou”, Elsabé Aldrich, sal ook haar gebruiklike stuiwer in die armbeurs gooi.
Vanaf 20:00 is dit Marion en haar alter ego, Sussie, se blik op die Suid-Afrikaanse wêreld van braaivleis, rugby en “sunny skies”.
Die Boer restaurant-teater is in die Janaville-sentrum in Chenowethstraat, Durbanville.
Die opvoering duur tot ongeveer 21:30, waarna nagereg en koffie geniet kan word.
Dié keer gaan die uitnodiging nie net aan vroue nie, maar is die deure oop vir alle geslagte.
Die konsert-kaartjies kos R80. Wat die aand daar bestel, geëet en gedrink word, is vir elkeen vir eie rekening.
Bespreek by Elsa by Die Boer, 083-406-0111 of 979-1911.
More
News
|