Kansa tot u diens
2006-07-27
TYDENS Kankerweek wat van 30 Julie tot 6 Augustus duur, plaas Kansa die fokus op dienslewering.
Hierdie organisasie bied ’n omvattende diens aan die publiek deur middel van voorkoming en vroeë opsporing veldtogte, asook emosionele ondersteuning aan pas gediagnoseerde kankerpasiënte en hul families.
Een uit elke vier mense in Suid-Afrika loop die risiko om met kanker gediagnoseer te word.
Lewens word gered deur inligting beskikbaar te stel oor die voorkoming en vroeë opsporing van kanker.
Vir meer inligting, skakel Mareé Lambrechts by 876-3589.
More
News
|