Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dowwe Dolla besoek Wellington

Dowwe Dolla besoek Wellington
 
2006-07-27


DIE Laerskool Hugo Rust se prestige Vroue-aand word op Woensdag 2 Augustus om 19:00 opgekikker deur Margit Meyer-Rödenbeck en haar pittige vertolking van ‘Dowwe Dolla: Boeppens’.

Kyk, as Amor dit kan doen, en Patricia, om nie te praat van Angelina Jolie en Julia Roberts nie, dan kan Dolla ook verwagtend raak.

Sy is immers net 22 jaar oud (wel, dele van haar is ten minste 22 jaar oud) en dus in die fleur van haar lewe én sy weet haar dogter gaan gebore word met die tradisionele rooi lollie in die mond.

Dolla het ook natuurlik raad vir vrouens in verskillende grade van moederskap en die gehoor kan gerus hulle vragies saambring.

Tussendeur gee sy ’n kykie in die ouerskapstyle van menige bekende pa en ma en herskryf sy gunsteling slaapliedjies om haar unieke blik op die wêreld te pas.

Met haar kenmerkende klerestyl, gehoor-interaksie, skitterskerp lyne en skreeusnaakse liedjies doen Dolla wat sy beste doen: sy laat die gehoor vir 70 minute skater vir die wêreld waarin hulle bly.

Die slim blondine agter die stadige blondine is Margit Meyer-Rödenbeck, wat reeds bekroon is met ’n FNB Vita-toekenning vir haar briljante komiese vertolking van hierdie stuitige karakter.

Die man wat die woorde in die blonde bom se stokkielekkermond sit, is Hennie van Greunen.

Saam met die vertoning word die kaartjiehouer (dame @ R125) op ’n driegang-maaltyd getrakteer. Kontak Laerskool Hugo Rust by 873-1598 vir navrae.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za