Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die horing is koning

Die horing is koning
 
2006-07-27


DIE 38ste Internasionale Horingsimposium vind vandeesweek by die Universiteit Kaapstad plaas.

Horingspelers van professionele orkeste, asook studente en leerders van regoor die land kom by UK byeen om die beste spelers in die węreld in aksie te sien.

Hierdie uitstekende musici bied ook lesings aan insake tegniese en musikale aangeleenthede wat by spesialiste, asook die breë publiek, aanklank sal vind.

Die hooftema van die simposium is die ontwikkeling van jong spelers in histories benadeelde gemeenskappe, en die meer algemene beduidenis van die horing in die konteks van musiek wat op Afrika-bodem beoefen word.

Dinsdag is besoeke aan opheffingsprojekte in die Wes-Kaap gebring, onder meer ook die Frank Pietersen Musieksentrum in die Paarl.

Die Afrika-verband word ook op verskeie maniere gevier. Die alombekende Dizu Plaatjies van die SA College of Music sal Maandag en Donderdag lesing-demonstrasies lewer.

Vanmiddag word die Oegandese komponis Justinian Tamasuza se werk Okuwooloola Kw’Ekkondeere (Horn Call) uitgevoer.

Vrydag se aandkonsert sal veral gaan om węreldpremičres van horingwerke wat in Afrika gekomponeer is, te wete Hendrik Hofmeyr se Sonata per corno e pianoforte met Shannon Armer as solis, en Michael Viljoen se Concerto vir horing “Ukuhlanganisa” met Sorin Osorhean van die KwaZulu-Natal Filharmoniese Orkes as solis.

Navrae in verband met konsertkaartjies, afslag vir studente en pensionarisse, en besprekings vir individuele gebeurtenisse, kan gerig word aan Robert van Zyl by telefoonnommer 083-303-5487.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za