Gate in Paarlse paaie is 'n gatslag
2006-07-27
EK wil graag weet watter munisipale departement is eintlik verantwoordelik vir hierdie slaggate in ons strate.
Jy kan maar in die Paarl ry waar jy wil, daar is honderde van hulle. Daar swem al visse in hierdie “gatvol” water.
As ek vir elke “gatvol” in die Paarl net R1 kry, kan ek miskien môre met pensioen gaan.
En moenie vir my kom vertel dat hierdie gate nie reggemaak kan word nie.
Dit rëen miskien nou, maar die gate het al vier seisoene meegemaak. Hulle ly almal aan die verouderingsprosesse.
As jy met jou motor vir die een gat padgee, val jy outomaties in die volgende een. Geen voorwiel hou daarvan om in ‘n 700mm wye en 200mm diep gat te val nie.
Ek vra mooi, maak tog ‘n plan, asseblief.
Gatvol
Die Drakenstein Munisipale Woordvoerder reageer as volg: Die Siviele Ingenieursdienste Departement is verantwoordelik vir die herstel van slaggate en klagtes kan aangemeld word by telefoon 807-4715.
Die herstel van slaggate is problematies gedurende wintermaande aangesien voorbereidingswerk, voorsiening van teer vanaf die verskaffer en permanente herstelwerk, alleenlik gedurende droë weerstoestande uitgevoer kan word.
More
News
|