Verkeer maak pad skoon
2006-07-27
MEER as R39 000 se boetes is die afgelope naweek in die Paarl-middedorp en Paarl-Oos uitgeskryf aan oortreders van die padwette.
In ’n gesamentlike poging tussen die polisie en die Drakenstein-verkeersafdeling om die paaie te beveilig, is verskeie padblokkades Saterdagaand gehou en oortreders beboet.
Altesame ses-en-twintig mense is beboet vir bestuur sonder ’n bestuurderslisensie en agtien vir ongelisensieerde motorvoertuie.
Ander oortredings waarvoor boetes uitgeskryf is, is onder andere onpadwaardige voertuie en onwettige parkering.
Een persoon is in hegtenis geneem vir dronkbestuur.
* In nog ’n operasie wat deur die polisie uitgevoer is, is elf onwettige smouse beboet in Lady Greystraat.
Smouse wat in die middedorp sake doen, moet in besit wees van ’n permit wat deur die Munisipaliteit uitgereik word.
Diegene wat dié wette oortree word met R300 beboet.
More
News
|