Old Boys speel
2006-07-27
DIE Hoër Jongenskool en Paarl Gimnasium se twee oudstudente-unies het hul interskole rugby- en gholfwedstryde kombineer onder die handelsmerk van Paarl Old Boys’ Classic (POBC).
Woensdagaand om 19:00 vind twee rugbywedstryde (golden oldies gevolg deur old boys) plaas op die veld by Brugstraat.
Die biertent open om 18:00 en die orkes Shamrock sal vanaf 20:00 tot middernag optree. Die eregas en spreker is Corné Krige.
Toegangsgeld in die vorm van donasies word gevra.
Donderdag 4 Augustus van 07:30 vind die Coldfact Interskole-gholfdag te Boschenmeer plaas. Rig navrae aan HJS Oudstudente-unie kantoor by 872-2835.
Die toernooi se formaat is ‘n 4BBB Stableford met bekende Paarliet Tiny Neethling wat die prysuitdeling sal behartig.
Die POBC komitee rig ‘n uitnodiging aan alle oudstudente, ouers en belangstellendes van beide skole om die sportgebeure saam met hulle te kom geniet.
More
News
|