Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Student aangeval

Student aangeval
 
2006-07-27


’n WELLINGTONSE student is verlede week in die nek en kop met ’n mes gesteek, tydens ’n inbraak in haar woonstel in Murraystraat.

Die voorval het in die vroeë oggendure van Donderdag plaasgevind toe twee jong mans toegang tot die tweede verdieping van die woonstelgebou verkry het. Hulle het ’n veiligheidshek oopgebreek.

Laudé van As (24), ’n vierde jaar onderwysstudent van Struisbaai het Woensdagnag nog geslaap toe die mans in haar kamer tussen haar besittings begin krap het.

Sy het wakker geskrik, waarna een van die mans haar in die nek en gesig gesteek het.

Hulle het daarna gevlug met haar skootrekenaar, selfoon en juweliersware.

Laudé het daarin geslaag om ’n noodoproep na die polisie te maak en ’n ambulans is ontbied. Sy is na die Paarl Medi-Clinic geneem vir behandeling.

Die polisie het die strate in die omgewing van Murraystraat gefynkam en twee verdagtes is in hegtenis geneem met gesteelde goedere uit Laudé se kamer in hul besit.

’n Vyftienjarige seun en ’n agtienjarige jong man, Tyron Boris, is in hegtenis geneem.

Dit is die tweede keer dat ’n student op Wellington aangeval is. Vroeër vanjaar is Adéle Swart deur ’n man aangeval in die waskamer van Huis Bliss.

Adéle het die onbekende man betrap toe sy wasgoed wou uitsorteer.

Die man is blykbaar onkant betrap en Adéle het ’n ligte kopbesering opgedoen, voordat hy gevlug het.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za