Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aanvalle op vullisterrein

Aanvalle op vullisterrein
 
2006-07-27


DIT gaan ’n gewapende leër kos om die Drakenstein-stortingsterrein by Wellington veilig te maak vir die publiek en die munisipale werkers.

So meen ’n hekwag wat daagliks sien hoe inwoners van die Vallei geïntimideeer en selfs aangerand word terwyl hulle huis- en tuinvullis daar aflaai.

“Dinge was relatief onder beheer toe daar onafhanklike sekuriteitswagte diens gedoen het, maar tydens die sekuriteitstaking het allerhande elemente hierheen getrek.

“En nou kan ons nie weer van hulle ontslae raak nie,” het ’n sekuriteitsbeampte beaam.

“Die nuwe sekuriteitswagte kom van Mbekweni en dis juis mense van daardie woongebied wat deur die rivier kom en hier aas. Hulle kan nie hul eie mense weggejaag kry nie.

“Maar die grootste probleem is die 15 tsotsi’s wat hier slaap en almal aanval: die mense wat kom aflaai én die mense wat deur die vullis krap.”

Verlede jaar is Wellingtonse besigheidsman Arnold Slabber en sy werkers wreed deur dié bende aangeval en het hulle met gekraakte skedels en bebloede lywe daarvan afgekom.

Ten spyte van ’n polisie-ondersoek woon die bende, tussen die ouderdomme van sowat 12 en 28 jaar, steeds op die vullisterrein.

Hulle rook openlik dagga, gebruik ander dwelms, snuif gom en aas kos wat afgelaai word.

Volgens die sekuriteitsbeampte hou hulle maar “net ’n ogie, want sonder wapens is ons eintlik uitgelewer”.

Bestuurders van munisipale vullisvragmotors is skrikkerig om hul vrag daar af te laai, want die rapers klim binne-in die vragmotor voordat daar afgelaai kan word.

Bestuurders van die stootskrapers is ook al aangeval en met klippe bestook wanneer hulle die afgelaaide rommel probeer toestoot.

Dit is veral wanneer ’n bakkie, wat daagliks met derms en binnegoed van die abattoir in Daljosafat daar opdaag, dat chaos losbreek.

“Dit tsotsi’s spring op die bakkie voordat die bakkie kan stilhou en dan is dit ’n bakleiry tussen hulle en die ander rapers wat met kratte die bakkie bestorm,” het die hekwag gesê.

Verlede week is ’n lid van die publiek met ’n skroewedraaier gesteek toe hy wou keer dat sy vrag omgedolwe word voordat hy dit aflaai.

Die polisie ondersoek dié voorval.

* Drakenstein residents who dump waste at the refuge site at Wellington are risking their lives at the hands of a group who have invaded the site, to gather usable and edible garbage.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za