Laerskole-stryd begin Maandag
2006-07-27
AUGUSTUS is interskole-tyd en dié groot kragmeting tussen Paarl Gimnasium en die Hoër Jongenskool Paarl skop al Maandag af tussen die laerskole.
Die program skop Maandag om 10:00 af wanneer die skaakspanne van Klein Gim en Klein Boishaai by Gimnasium se Carel Redelinghuys Sentrum teen mekaar speel.
Die onderskeie hokkiespanne speel Dinsdag teen mekaar by die Chevé-velde van 12:30 met die Laerskool Kenridge ook betrokke by junior wedstryde.
Die o.13A seunspan speel om 15:25 en die o.13A meisies sal om 16:30 begin.
Woensdag speel die netbalspanne vanaf 14:00 by die Chevé-bane.
Die hoofwedstryde is 15:30 (o.7A, o.8A en o.11A) en 16:00 (o.9A, o.10A en o.12A).
Die o.13A-spanne word om 16:30 voorgestel, met die hoofwedstryd wat om 17:00 begin.
Indien dit reën verskuif die wedstryd na Hoërskool Gimnasium se binnenshuise baan.
Wedstryde begin dan om 15:00, met die hoofwedstryd om 19:20.
Donderdag se rugbyprogram begin om 12:05 op die Faurestraat-stadion met die o.7B, o.8B en o.9C wedstryde.
Tye vir die hoofwedstryde is 12:30 (o.7A en o.8A), 14:40 (o.10A) en 16:40 (o.11A). Die o.13A-spanne draf om 19:00 op die veld.
Die hoërskoleprogam verskyn in volgende week se Interskole Bylaag tot die Paarl Post.
More
News
|