Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wynmakers se maak-of-breek lę voor

Wynmakers se maak-of-breek lę voor
 
2006-07-27


IN vino veritas – die waarheid in wyn. Vir Suid-Afrikaanse wynmakers kom dié oomblik nou vinnig nader. Op Woensdag 16 Augustus moet hul inskrywings vir die 2006 Veritas Toekennings in wees.

Daarvandaan is roem of onbekendheid in die hande (of neuse en palette) van ‘n uitgelese paneel.

Dan is dit naels kou totdat die medaljewenners op 6 Oktober aangekondig word en die uitverkorenes – dié wat goud en dubbelgoud verower het – aan die węreld daarbuite uitgebasuin word.

Veritas is Suid-Afrika se grootste en bekendste kompetisie vir markklaar wyn en die wynbedryf se hoogste eerbewys vir uitnemende wynmaakvernuf.

Vanjaar se spesialis-panele – gepak met plaaslike en internasionale kenners van bepaalde kategorieë – kom van 4 tot 8 September op Nederburg byeen om te proe en konsensus te bereik oor watter wyne die gesogte dubbelgoud- en goud-toekennings werd is.

Dié uitslae word by ‘n dinee in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum aan die groot name van die wynwęreld en wynskrywers bekend gemaak.

Kontak Elsabé Ferreira by SANW, tel 807-3104, faks 863-2079, per e-pos ferreira@vinpro.co.za of besoek die Veritas-webtuiste by www.veritas.co.za vir inskrywingsvorms.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za