Riverstones val vas
2006-07-27
DIE span van Kylemore was Saterdag te sterk vir die manne van Riverstones wat met ’n telling van 12-3 tevrede moes wees.
Die twee spanne het goed teen mekaar opgeweeg, met die eerste helfte wat punteloos afgehandel is.
Tot diep in die tweede helfte was die wedstryd steeds in die weegskaal.
Kylemore het egter in die laaste minute kwaai druk toegepas en Riverstones se foute met die nat bal goed uitgebuit om twee langafstand-drieë te druk.
Riverstones kon slegs met ’n strafdoel deur Gershwin Paulse antwoord.
Riverstones II het 12-10 gewen terwyl die derde span ook 29-12 verloor het.
Riverstones speel Saterdag tuis op Daljosafat Stadion teen Perseverance.
Riverstones se afrigter, Rudolf Paulse, is as die agterlynafrigter van die WP Disa-span vir 2006 aangewys.
More
News
|