Wellingtoner soek sukses in Mauritius
2006-07-27
’n WELLINGTONNER is deel van die SA-span wat eersdaags aan die Afrika Senior Baan- en Veldkampioenskappe in Mauritius gaan deelneem.
Die tienkamp-atleet, Sors Joubert, is een van vier Bolanders wat van 9 tot 13 Augustus in Reduit, Mauritius, aan die byeenkoms gaan deelneem.
Atlete van meer as 50 Afrika-lande sal tydens dié tradisionele Kontinentale Kampioenskap in aksie wees.
Die ander Bolanders is Okkert Brits, Afrika se nommer een paalspringer, Janus Robberts, Afrika se nommer een gewigstoot-atleet, en Janice Josephs, Afrika se nommer een sewekamp-atleet. Aldrie is van Stellenbosch.
Joubert is tans die tweede gekeurde tienkamp-atleet op die kontinent. Nog ’n Bolander, Robert Oosthuizen, tans Afrika se beste spiesgooier, is nie vir die span in ag geneem nie, aangesien hy nog ’n junior atleet is en Suid-Afrika by volgende maand se Wêreld Junior Kampioenskap in Beijing, China, moet verteenwoordig.
More
News
|