Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gim vertrap Rondebosch; HJS val vas teen SACS

Gim vertrap Rondebosch; HJS val vas teen SACS
 
2006-07-27


DIE o.19A rugbyspan van Paarl Gimnasium het Saterdag hopeloos te veel skietgoed gehad vir hul eweknieë van die Hoër Seunskool Rondebosch.

Die Gimmies het sewe drieë ingeryg in hul 43-0 (38-0) sege oor die Kapenaars.

Rondebosch was nie opgewasse teen die stewige dryfwerk van die Paarliete nie en hul verdediging kon ook nie al die gate toestop nie.

Bertus O’Callaghan (2), Jacobus Rossouw, Shaun Rheeder, Jacques Meyer, Johan Sadie en André Kemp het drieë gedruk, terwyl Dewaldt Duvenage met vier doelskoppe geslaag het. Duvenage is ook as die Gimmies se speler van die wedstryd aangewys.

* SACS se 12-10 (7-0) sege oor Hoër Jongenskool Paarl was sekerlik die verrassing van die naweek.

SACS se verdediging het hulle die oorhand gegee terwyl die Boishaai-spelers nooit werklik hul voete kon vind nie.

HJS se enigste drie is deur die haker, Callie Visagie, gedruk en is deur die losskakel, Matthew Swart, verdoel.

* Die Hoër Landbouskool Boland het ook ’n oortuigende 34-3 (3-3) oorwinning oor Wynberg behaal.

Die span van die Agter-Paarl se vier drieë is deur Marnitz Jacobs (flank), CG Stoumann (haker), Louis de Jager (skrumskakel) en Bernie Hugo (losskakel) gedruk. Die senter, Pieter Esterhuyse, was suksesvol met alvier doelskoppe.

* Bergrivier Sekondêr het op die vooraand van sy derby-kragmeting teen Weltevrede Sekondêr, vir Klein Nederburg 8-0 geklop.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za