`Ghoema' nou op Stellenbosch te sien
2006-08-03
GHOEMA, die hoog-aangeskrewe musiekblyspel wat ons musikale geskiedenis met ’n feestelike aanslag laat ontvou, kan van 9 tot 20 Augustus in die HB Thom-teater op Stellenbosch gesien word.
Hierdie stuk is die nuutste suksesverhaal van die Suid-Afrikaanse ikone, David Kramer en Taliep Petersen.
Die blyspel delf diep in die vroeë Suid-Afrikaanse verlede aan die Kaap en ondersoek die wortels van slawemusiek so ver terug as die heersersdae van die Hollands-Oos-Indiese Kompanjie.
Die samesmelting van al hierdie invloede in ons unieke Suid-Afrikaanse samelewing, is die inspirasie wat Ghoema sy grondslag gegee het. (’n Ghoema bestaan uit ’n wynvatjie met æn stuk vel wat styf oor die een opening getrek is).
Die rolverdeling sluit Loukmaan Adams, Zenobia Kloppers, Carmen Maarman, Munthir Dullisear en Gary Naidoo in.
Vertonings is van Woensdag tot Sondae en daar is ’n 10% korting vir senior burgers en vir blokbesprekings van tien of meer persone.
Kaartjies kan by Computicket gekoop word of by 083-915-8000.
More
News
|