Vrouedag gevier
2006-08-03
DIE DA hou ’n Vrouedag Woensdag van 11:00 by die Zions VGK-saal in Klein Drakensteinweg, Paarl-Oos.
Kom luister na ’n praatjie oor die vrou aangebied deur Tony Leon, Theuns Botha, Helen Zille en vele meer.
Alle vroue is welkom en daar is ook ruimte vir manne. Toegangsgeld van R10 is betaalbaar. Navrae by Tessa (082-497-8576) of Clare (082-782-9649).
Pedro by Vrouedag
DIE bekende spreker Amelia Pedro is Woensdag op Vrouedag aan die woord by die Hervormde Rhebothkerk in die Paarl.
Die program begin om 10:00 by die kerk op die hoek van Simfonie- en Barthlomeusstraat in Groenheuwel.
Vrouedag by landdroskantoor
’n PROGRAM vir Vrouedag word Donderdag 10 Augustus van 10:00 tot 13:00 by die landdroskantoor op Wellington aangebied.
Sprekers, vermaaklikheid, gelukkige trekkings, kralemakery en vele meer is op die spyskaart. Almal is welkom.
Vroue stel handwerk uit
DIE vroue van Wellington/Newton bied hul jaarlikse interkerklike uitstalling aan op Vrouedag 9 Augustus by die VGK Bergrivier van 10:00.
Daar sal gebak, blomme, kuns, handwerk en inmaakprodukte te sien wees.
Glynis Grant, ’n slagoffer van gewapende roof, sal die spreker wees.
Vroue wat belang stel om aan die uitstalling deel te neem, kan Charmaine Rhoda kontak by 873-4313 of Mariette van Graan by 873-3455.
More
News
|