Diabete vergader
2006-08-03
WONDSORG is die onderwerp van die volgende vergadering van die Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep wat Woensdag 16 Augustus om 19:00 by die Holy Trinity Kerk-saal in die Paarl gehou word.
Louise Goslett van Paarl Medi-Clinic se Wondsorgkliniek praat oor wondversorging en die moderne tegnologie beskikbaar.
Enige belangstellendes en diabete is welkom by die vergaderings elke derde Woensdagaand van die maand om 19:00. Bywoning is gratis.
Vir navrae, skakel Kamaretha Beckert by 871-1808.
* Die volgende vergaderings is op 20 September (“Dieetvoorligting” deur Elbeth Ackerman), 18 Oktober (“Label Reading” deur Nonnie Vorster) en 15 November (opedag).
More
News
|