Depressie by jong volwassenes
2006-08-03
DIE volgende byeenkoms van die depressie- en angsondersteuningsgroep vind plaas op Maandag 14 Augustus om 19:00 in die opleidingslokaal van die Paarl Medi-Clinic.
Tydens die byeenkoms sal die onderwerp bespreek word rakende die “uitdaging verbonde aan depressie onder jong volwassenes”.
Die doel van die groep is om ondersteuning te bied aan personeel van alle ouderdomsgroepe wat depressie en angs ervaar, persone in hul herstelfase of gesinslede wat ondersteuning bied.
Jong volwassenes, ouers en belangstellendes word genooi na die geleentheid en bywoning is gratis.
Daar sal spesifiek gefokus word op die vestiging van ’n gebalanseerde leefstyl vir jong volwassenes.
Die ondersteuningsgroep word gefasiliteer deur Christo Visser, Sonja Labuschagne en Adéle Brink.
Vir meer besonderhede kan die praktyk gekontak word by 872-7466.
Navrae en besprekings kan ook gedoen word om hierdie onderwerp met spesifieke teikengroepe te hanteer in werkwinkelformaat.
More
News
|