Norval gestuur vir waarneming
2006-08-03
DIE vermeende dolk-moordenaar van die Paarl, Clifford Norval (22), is verlede Donderdag vir sielkundige waarneming verwys.
Dit was Norval se derde verskyning in die Paarl Streekhof, waar hy teregstaan vir die moord op Elenore Leander (53) in April vanjaar.
Leander is vermoedelik na ’n nag van seks en drank negentien keer met ’n dolk gesteek, voordat haar liggaam tot in die straat voor Norval se ouer-huis in Denneburg, Paarl, gesleep is.
’n Bloedstreep het speurders tot by die Norval-woning gelei. Die saak is uitgestel tot 28 Augustus tot ná die afloop van waarneming.
More
News
|