Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gim, HJS skarrel met laaste spanveranderings

Gim, HJS skarrel met laaste spanveranderings
 
2006-08-03


DIE afrigters van Paarl Gimnasium en Boishaai se eerste rugbyspanne moes vandeesweek nog rondskarrel met hul spankeuses vir Saterdag se Interskole kragmeting.

Boishaai se 11-0 sege oor HTS Drostdy Saterdag in die Paarl het sy tol van die span geëis.

Die buitesenter, Gideon Louw, het harsingskudding opgedoen en sal dus nie Saterdag in aksie wees nie. Hy word deur die tweedespan-speler, Pierre Vlok, vervang.

Die linkervleuel, Christiaan Snyders, het ’n liesbesering opgedoen. Hy word deur Regardt Boonzaaier vervang wat eers op heelagter sou gespeel het.

Snyders sal egter Saterdag op die plaasvervangerbank wees.

Die heelagter-posisie sal nou deur Marko Kershoff (eerste keuse losskakel) gevul word, terwyl Matthew Swart op losskakel inskuif.

Die nommer vier-slot, Christian Wissmann (griep), word deur die nommer vyf-slot, Ya Ya Hartzenberg vervang, terwyl die kaptein, Thys-Koch Burden (flank), in Hartzenberg se plek sal opdraf.

Armand Lacomme word van die tweede span af opgetrek na die flank-posisie toe.
Die tweede span lyk ook nou heel anders met Nicholas le Riche wat Lacomme op agsteman vervang en Lourens Uys (heelagter) wat Swart op losskakel vervang.

Kylan Stone verskuif van buitesenter na heelagter, terwyl Snyders sy plek in die nommer 13 trui vul.

Wissmann vervang Gideon Cillié op flank.

Boishaai het Saterdag ’n onaanskoulike vertoning teen die Worcesteriete gelewer.

’n Swetterjoel foute het verhoed dat die spel ooit werklik aan die gang kom.

Die kaptein, Burden, het HJS se enigste drie gedruk, met Alberto Gava (skrumskakel) wat met twee strafdoele geslaag het.

Sake is egter heelwat meer stabiel in die Paarl Gimnasium-kamp.

Die posisie wat van die program verskil is dié van regtervleuel.

Ferney Kitshoff, wat tydens ’n oefening ’n liesbesering opgedoen het, word deur die tweedespan-speler, Ralphton Minnaar, vervang.

Die agterlyn van Gimnasium se tweede span lyk gevolglik ook heelwat anders, nadat Minnaar bevorder is, en die senter, Emilio Beukes, Saterdag beseer is.

Dié twee se plekke word deur Jaco Pretorius (linkervleuel) en Altus Weyers (heelagter) gevul.

Dirkie Marais verskuif van linkervleuel na binnesenter en Marchant Genis skuif van heelagter na regtervleuel.

Gimnasium het Saterdag in ’n goeie, hoë tempo wedstryd 15-15 gelykop gespeel teen Biskoppe.

Die Paarliete het in die eerste helfte die hef in die hand gehad en teen rustyd 8-0 voorgeloop danksy ’n drie deur senter Johan Sadie en ’n strafdoel deur Dewaldt Duvenage (skrumskakel).

Die tuisspan het egter goed teruggekom om ’n gelykop-uitslag af te dwing.

Bertus O’Callaghan (haker) het Gim se tweede drie gedruk wat deur Duvenage verdoel is.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za