Evas help wyne beoordeel
2006-08-03
DIS ‘n week van kyk, ruik, ‘n teugie neem, dit met die tong omwoel, uitspoeg en aantekeninge maak. Ook om nou en dan ‘n lastige krul uit die oë te vee, want altesame 28 van die beoordelaars wat vanjaar se wenwyne by die SA Jongwynskou moet aanwys, is vroue.
Dit is die meeste vroue-beoordelaars nog sedert die begin van jongwyn- kompetisies vroeg in die 19de eeu.
Die uitgesoekte vroulike en manlike kenners sit hierdie week by Nederburg in die Paarl om die 2 242 inskrywings vir vanjaar se SA Jongwyn Toekennings deur te proe en konsensus te bereik oor watter van hulle goud, silwer of brons medaljes gaan wen en wie die kampioene is.
Die wenwyne sal op Donderdag 17 Augustus tydens ’n middagete op Bien Donné in Simondium bekend gemaak word. Die SANW en Agri-Expo tree saam as gasheer op.
More
News
|