Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raadslede kry darem 'n groot verhoging

Raadslede kry darem 'n groot verhoging
 
2006-08-03


DIT is met groot ongelukkigheid dat ek as munisipale werker moes uitvind dat die raadslede van Drakenstein ‘n terugwerkende salarisverhoging van 100% gekry het (vanaf 8 Maart toe die nuwe termyn begin het), terwyl ons as werkers slegs tussen 6% en 8% gekry het.

Dit is lagwekkend dat mense wat slegs ‘n paar keer ‘n maand ‘n vergadering moet bywoon so ‘n verhoging kry (waarvoor nie begroot is nie).

Dis nou dieselfde ou storie waar ons as hardwerkendes weereens aan die kortste ent trek.

Teleurgestelde munisipale werker

Die Munisipale woordvoeder reageer: Hierdie verhogings is van toepassing op alle munisipaliteite in die land en is deur die volle Raad goedgekeur.

Die verhoging vir die Burgemeester, Onderburgemeester en Speaker is 12,8% en 9,2% onderskeidelik en vir voltydse raadslede 8%.

Deeltydse raadslede ontvang ‘n verhoging van 40,2% (R96 968 tot R135 963).

Die rede hiervoor is dat die Raadslede hoofsaaklik wyksraadslede is wat beskikbaar vir hul kiesers moet wees en in baie gevalle groot afstande na vergaderings moet aflê.

Daar moet ook kennis geneem word dat raadslede nou self hul pensioen, medies, behuising en vervoer uit hul toelaes moet betaal.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za