Kavaliers pak Griffons
2006-08-03
DIE Boland Kavaliers het die week behoorlik hul tande geslyp vir Saterdag se Absabeker-wedstryd teen die Griffons.
Die Griffons was gedeeltelik daarvoor verantwoordelik dat die Kavaliers nie vanjaar in die Curriebeker-kompetisie speel nie, nadat hulle die Wellington-span in Maart vanjaar 20-10 op die Noordwes Stadion geklop het.
Dit was die eerste keer dat die Kavaliers aan die verkeerde kant van die telbord was in ’n wedstryd teen die span van die Noord-Vrystaat. Volgens die Boland se spanbestuurder, Denver Pienaar, het die rotasie-stelsel wat hulle in plek gestel het, ook ’n groot, positiewe invloed om die span.
“Daar is gesonde kompetisie onder die spelers om vir die volgende wedstryd gekies te word en as ’n speler die slag speel, gee hy net sy beste,” sê Pienaar.
Boland het die afgelope naweek ’n loslootjie gehad, terwyl die Griffons in ’n tuiswedstryd 36-33 teen die Arende vasgeval het.
Die Griffons is die enigste span in dié afdeling wat nog nie ’n wedstryd gewen het nie. Hulle lê tans onderaan die punteleer met twee punte.
Die Kavaliers en die Luiperds lê saam bo-aan die punteleer met 17 punte.
More
News
|