Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier klop puntelose Weltevrede

Bergrivier klop puntelose Weltevrede
 
2006-08-03


DIE o.19A rugbyspan van Bergrivier Sekondêr het Saterdag ’n oortuigende 14-0 sege oor Weltevrede behaal in hul derby-kragmeting wat op Boland Stadion gespeel is.

Dit is die eerste keer ’n lang ruk dat dié wedstryd afgehandel is, met een van die spanne wat nie ’n enkele punt kon aanteken nie.

Bergrivier het van die begin af die botoon gevoer en veral in die vaste skrums en lynstane hul teenstanders laat hard sweet.

Hoewel die twee pakke voorspelers goed teen mekaar opgeweeg het, het beter tegniek deur Bergrivier se stutte die Weltevrede-pak agteruit gestoot.

Dit was dus geen wonder dat Bergrivier deurgaans gebiedsvoordeel geniet het nie.

Selfsugtigheid in die middelveld het egter Bergrivier se kanse om drieë te druk belemmer.

Bergrivier het rustyd 6-0 voorgeloop danksy twee strafdoele deur die losskakel, Jacques Cupido.

Die tweede helfte het in dieselfde trant verloop, met Cupido wat halfpad deur die laaste 40 minute nog ’n strafdoel oorgeklits het.

Die laaste spyker in die doodskis was toe die buitesenter, Cornel Hendriks, in die doodsnikke in die hoek oorduik vir die enigste drie van die wedstryd.

Weltevrede het moedig probeer maar was nooit werklik in ’n posisie om punte aan te teken nie.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za