Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hof sonder landdros

Hof sonder landdros
 
2005-04-21


DIS vir kinders erg traumaties om teen hul verkragters en molesteerders te moet getuig, en nou word die seer deur transformasie verleng.

Volgens streekhofpresident Gadija Kahn is transformasie die rede waarom die kontrak van landdros Johan Beyers, die enigste landdros beskikbaar vir die kinderhof in die Paarl, nie hernu is nie.

Volgens ’n persberig sê Kahn dis haar taak om te sorg dat transformasie van die regbank veral in landelike gebiede deurgevoer word.

Landdros Beyers los al sedert die instelling van die kinderhof meer as twee jaar gelede op ’n deeltydse grondslag af.

Sy kontrak het einde Maart verstryk en sedertdien word alle sake in dié hof uitgestel.

Volgens aanklaer Anita Potgieter is daar 170 sake op die kinderhofrol. Die slagoffers en getuies, wat tot in die Koue Bokkeveld en die Strand woon, kan nie altyd bereik word om te verhoed dat hulle die tog na die Paarl aanpak nie.

“Dis onnodige spanning,” meen regslui en maatskaplike werkers.
“Die kinders slaap nie behoorlik voor die verhoor nie. Die ouers moet uit die werk bly. En die trauma word net verleng.”

Ná weke se vertoë aan die Departement Justisie, het Kahn verlede week bevestig dat Patrick Ross, landdroskantoorhoof van Wellington, die kinderhof in die Paarl sal behartig.

Ross, met 16 jaar landdros-ondervinding, het verlede jaar aansoek gedoen vir die Paarl streekhoflanddrospos toe landdros Elkan Mametse daar aangestel is.

Intussen het die sekshof ’n meer permanente status verwerf, as addisionele hof vir seksuele misdrywe, en was Beyers se maand-tot-maand kontrak in gedrang.

Ross is nou “onbepaald” daar aangestel deur die Kaapstadse hooflanddros. Die pos moet nog geadverteer word.

Landdros Antoinette Veldsman van die Paarl, wat in Atlantis optree, sal die hof vir familie-aangeleenthede en siviele sake by Ross in Wellington oorneem totdat ook dié pos geadverteer en permanent gevul word.

“Die departement slaan net vure dood, en nou weer ten koste van die kinders,” het bekommerde regslui gesê.

* The Paarl children’s court was closed because of transformation steps which prevented the magistrate’s contract being renewed.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za