Jazz in Dorpstraat
2006-08-10
’n HEERLIKE jazz-aand vind Dinsdag om 20:30 by die Dorpstraat teaterkafee op Stellenbosch plaas. Die kunstenaars is Anne Havemann-Serfontein (stem), Gerhard Niemand (klavier), Etienne Louw (klassieke kitaar), Neville Arnolds (dromme), Pierre Smith (baskitaar) en Louis Strijdom en Dirk Bull (agtergrondsang).
Anne, Gerhard en Etienne is drie deel van die plaaslike groep Celsius wat al verskeie optredes by Dorpstraat gehad het, asook by die Woordfees (2005) en KKNK (2005 en 2006).
Die program sluit hoofsaaklik ligte jazz en swing nommers in vanuit die penne van Gershwin en Cole Porter tot Amanda Strydom.
Kom geniet ’n aand wat beloof om die koue te verdryf met musiek, kos en rooiwyn voor die kaggel.
More
News
|