Vier die lente met Rocco
2006-08-10
DIE gewilde Rocco de Villiers tree Vrydag 1 September om 19:00 by Simonsvlei op.
Goed opgevoed, goed geslyp, goed aangetrek en goed geoefen, praat Rocco se klavier soos altyd ’n ander taal - dié keer in rock en blues!
As jy gedink het die bekende pianis en cocktail-ghoeroe Rocco de Villiers en sy orkes gaan in sy nuwe vertoning, ‘One Rocco, One Piano, One Band’, ewe liefies stilsit agter hul instrumente, wag daar ’n groot verrassing op jou.
Dié energieke, flambojante en eiesoortige program bestaan uit oorspronklike musiek van sy nuwe CD, If Freud Knew the Steps, met titels soos On the Street where Katrina Lives, You Are, I Am, We Are en Tango for Two Saints and a Pregnant Woman.
Rocco vertel die stories agter die titels op sy eie pittige manier. Dié vertoning gaan jou wêreld laat “rock”!
Bespreek by Lynette Griessel, 082-418-4748 of info@simonsvlei.co.za.
More
News
|